{"product_id":"vywervrou-lira","title":"Vywervrou - Lira","description":"Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ŉ ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eSy beland op Vywerbaai waar sy ŉ winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eLira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ŉ vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ŉ sterwende vrou en ŉ kind wat Lira haat.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDie legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ŉ waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ŉ man sy taaibosspies deur ŉ vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eMaar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eMet die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39403947982963,"sku":"9780799394474","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/vywervrou-lira-chanette-paul-28366948794483.jpg?v=1638291242","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/vywervrou-lira","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}