{"product_id":"arendsvlerke-vir-siebert","title":"Arendsvlerke Vir Siebert","description":"\u003cp\u003eLiewe Here, ek verstaan nie. Help my.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eVerder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om ’n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou’s hy weg. Hoe bereken ’n mens so ’n verlies?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eWanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy’t maklik gelag ... en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eWaar begin sy? Wat doen ’n mens?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eHere, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eArendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.\u003c\/p\u003e","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40106098753651,"sku":"9780639607139","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/41cr7gYyacL.jpg?v=1653302622","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/arendsvlerke-vir-siebert","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}