{"product_id":"9781997476184","title":"Nemesis C\/F","description":"Die skrywer van Die Menslike Dieretuin, soos gehoor op RSG publiseer sy nuutste boek!\u003cbr\u003e\nFrancois Durand praat vroeg in 2026 weer op RSG oor hierdie boeiende onderwerp en jy kan eerstehands in al die kennis deel deur dit in die boek, vars van die pers, te lees. Hierdie boek verskil van ander boeke wat oor die herkoms van die mens en beskawing handel. In daardie boeke lees mens van die opkoms van die mens en hoe, ondanks die amper onoorkomelike uitdagings, die mens nie slegs oorleef het nie, maar tot nóg groter hoogtes kon ontwikkel asof dit die lotsbestemming van die mens was. Ons oorwinning oor die natuur deur middel van tegnologiese vooruitgang, wat tot die ontstaan van beskawing gelei het, word deur die meeste ander skrywers as iets bewonderenswaardig beskou.\u003cbr\u003e\nIn hierdie boek word drie strome van menslike ontwikkeling – biologies, ekologies en tegnologies – saamgeweef. Die paadjie waarlangs die mens ontwikkel het, vanaf ons ontstaan op die Afrika savanna tot die vooraand van die Sesde Uitwissing, word gevolg terwyl die ekologiese gevolge van elke tegnologiese deurbraak, vanaf die ontdekking van steenwerktuie tot by landbou, belig word.\u003cbr\u003e\nHierdie boek gaan oor die eerste en die laaste hoofstukke in die verhaal van die mensdom en hoe die\u003cbr\u003e\nhoogtepunt van ons bestaan, naamlik beskawing, wat deur wiskunde, kuns, kultuur, fi losofi e, wetenskap,\u003cbr\u003e\nekonomie, skrif, argitektuur en ingenieurswese gekenmerk word, ten koste van alles anders was. Ons oorwinning oor die natuur was uiteindelik, onafwendbaar, ook ons ondergang.","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45105692541043,"sku":"9781997476184","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781997476184","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}