{"product_id":"9781779882059","title":"Ingekluis","description":"Privaatspeurder, Rikus Anker, word wakker in 'n veld; bebloed en vasgevang in 'n liggaam wat weier om te reageer. Hy kan nie beweeg of 'n geluid maak nie. Wat is fout met hom?\r\n\r\nUiteindelik word Rikus ontdek, en in die hospitaal kom die dokters tot die gevolgtrekking dat daar geen hoop vir Rikus is nie, en dat hy nooit weer 'n normale lewe sal kan lei nie. Maar tot sy frustrasie kan Rikus wel sien, hoor en dink, al kan hy dit nie oordra nie. Hy staar 'n eensame stryd in die gesig om nie toe te gee aan wanhoop nie terwyl hy probeer uitvind hoe hy in hierdie toestand beland het.\r\n\r\nErna, sy vasberade sekretaresse, glo dat hy sal herstel en probeer intussen haar bes om sy besigheid aan die gang te hou. Nadat Sanna, 'n algemene werker met rotsvaste geloof, agterkom dat Rikus een oog kan knip, ontdek hulle dat hy aan Locked-in-sindroom ly. Uiteindelik kan Rikus weer kommunikeer, al is dit net letter vir letter.","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":66847334629491,"sku":"9781779882059","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/41B0n4Pp2uL.jpg?v=1791794396","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781779882059","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}