{"product_id":"9781779880963","title":"Die Dogters van Casalina","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Die Dogters van Casalina By Rina Cilliers\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eCiska Luckhoff, 'n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met 'n lewensbedreigende siekte.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eGedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer. Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook 'n hegte vriendin.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003e'n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na 'n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld. Maar die teenwoordigheid van 'n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eTydens Kerstyd by Casalina ontvou 'n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met 'n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in 'n sirkel van genade kan terugkeer.\u003c\/p\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43958847733875,"sku":"9781779880963","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/91HrzLqyjaL._SL1500.jpg?v=1759827595","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781779880963","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}