{"product_id":"9781779860262","title":"Bonsaimeisies","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Bonsaimeisies By Erla Diedericks\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBuig die boompie ... Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor: Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevangene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem. Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas. Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e \u003c\/p\u003e","brand":"LAPA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43760594976883,"sku":"9781779860262","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/644788819825179215.jpg?v=1756880509","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781779860262","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}