{"product_id":"9781776172849","title":"Offers vir Genade","description":"In Offers vir Genade word van elk van die verskillende karakters gevra om persoonlike offers te maak. 'n Gesin boer op 'n droë Karooplaas, Boesmansrand, in die Brandvlei-distrik - Marinus, Sophie en hul seuns, Kosie (17) en Gerrit (15) - saam met hul huishulp, Mina, haar man, Oujan, en die plaasbestuurder, Pieter. Almal wat hier woon, word deur die droogte uitgedaag om te oorleef. Marinus, die man aan die stuur, se invloed op hoe hulle die plaaslewe hier ervaar, moet egter nie onderskat word nie.\r\n\r\nDan gebeur iets wat almal se lewens onherroeplik verander …\r\n\r\nHierdie driedelige verhoudingsroman belig die kompleksiteit van persoonlike verhoudings oor generasies heen en ondersoek die trauma van paternalistiese gesinsverhoudings.\r\n\r\n​Sal Sophie dit regkry om ná baie jare in afsondering en eensaamheid 'n sielsverbinding te maak, of sal sy weer 'n offer moet bring - 'n offer vir genade?","brand":"Booksite","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45358975025267,"sku":"9781776172849","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/322694982fcfebe6edfae6809f1b8ac918a1bbf4.jpg?v=1789925281","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781776172849","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}