{"product_id":"9781770108721","title":"Rassie: Stories oor rugby en die lewe","description":"\u003cp\u003eHy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met ’n alkoholis-pa groot te word\u003cbr\u003een gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk\u003cbr\u003eterug op ’n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoë\u003cbr\u003eom ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei\u003cbr\u003ehet. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se\u003cbr\u003evideomateriaal te kyk om wenstrategieë uit te werk. Toe hy die geleentheid\u003cbr\u003egebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy dié eer van die\u003cbr\u003ehand gewys.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eRassie dink terug aan die tye toe hy ’n belangrike onderdeel van die ratwerk in\u003cbr\u003eNick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990’s was. Hy\u003cbr\u003eherroep die pyn van die 1999-Wêreldbeker en die besering wat ’n einde aan sy\u003cbr\u003eloopbaan as speler beteken het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eHy bespreek sy revolusionêre afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe\u003cbr\u003emet ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die\u003cbr\u003estryd aangesê het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien\u003cbr\u003ehet.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eRassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling\u003cbr\u003evan die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder ’n groot ophef of\u003cbr\u003eomstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir\u003cbr\u003edie effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die\u003cbr\u003eRugbywêreldbeker-triomf in 2019.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cbr\u003eLesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies,\u003cbr\u003eomstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit ’n waarlik\u003cbr\u003egrensverskuiwende lewe.\u003c\/p\u003e","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41193983279219,"sku":"9781770108721","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Rassie_Afrikaans_300dpi_82deb044-cc96-4483-ac1d-d7edfb7cc32b.jpg?v=1704286522","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781770108721","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}