{"product_id":"9781067234652","title":"Wanneer die krieke stil word","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Wanneer die krieke stil word By Petro Kotze-Odendaal\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk.\u003cbr\u003eIs jy jou pa se Prinses?\u003cbr\u003eIs jou eerste liefde jou ridder op 'n wit perd?\u003cbr\u003eIs jou huwelik in die hemel gemaak?\u003cbr\u003eVir Petro Kotze-Odendaal word die krieke reeds vroegtydig stil: van donkernag vlug onder die hand van 'n alkoholis-pa en later in die greep van 'n gewelddadige man. Sy en haar vierjarige seuntjie moes vroeg op die stormwaters van die lewe loop.\u003cbr\u003eIs dit moontlik dat een mens soveel hardheid kan beleef en steeds haar geloof behou?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003ePetro Kotze-Odendaal is 'n radio-omroeper en 'n welbekende pastoor in die Noordwes. Sy ken, preek en skryf uit die hardheid van die lewe, nie om te oordeel nie, maar te motiveer. Omdat sy self uit 'n gebroke en arm huis kom, verstaan sy die seer, kwaad en skande van verslawing en werklose ouers - daarom leef sy haar passie uit onder die vaandel van die NPO, Voeltig Bedieninge, wat sy na die dood van haar eerste man in 2010 gestig het.\u003cbr\u003eEnkel-ma vir 10 jaar, kanker- en depressie oorwinnaar kan ook op haar kerfstok geplaas word.\u003c\/p\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43210992812147,"sku":"9781067234652","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Krieke_still_word_300dpi_RGB.jpg?v=1753166869","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9781067234652","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}