{"product_id":"9780799387575","title":"Blom in die Hare","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Blom in die Hare By Kristel Loots \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHaar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eKaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNá ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAs enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.\u003c\/p\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44185963888755,"sku":"9780799387575","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/81n4yfBFMLL._SL1500.jpg?v=1768556251","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9780799387575","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}