{"product_id":"9780624095354","title":"Die geskenk","description":"\u003cp\u003eDie geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontroerende ware verhaal, onthutsend eerlik, vol menslikheid en soms selfs skreeusnaaks. Van haar kinderjare in die Paarl, waar haar pa whiskey-bottels in die gangkas wegsteek, haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en gelukkige gesinsjare, tot dié oggend, toe Riette se hele wêreld aan skerwe spat.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTe midde van die diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees wyd oor trauma en rou, en met dié boek deel sy wat sy uitvind. Hierdie is nie net die memoir van ŉ merkwaardige vrou aan wie die lewe groot uitdagings gestel het nie. Dit sal ook van groot nut wees vir elkeen wat deur trauma geraak word, met die nuutste wetenskaplike inligting oor selfdood en die nadraai daarvan, van die waarskuwingstekens tot die skaamte en skuldgevoelens, en ŉ hoofstuk oor die verskillende soorte rou.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eRiette, nou skielik “ŉ weduwee”, is blootgestel aan skindertonge, geniepsige pastore, en ŉ huis wat herstel moet word. Met Die geskenk bied sy ons die deurleefde wysheid van iemand wat self daar was. Iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHierdie dapper, inspirerende boek sal jou uitkyk op die lewe vir altyd verander.\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42026634936435,"sku":"9780624095354","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Die.webp?v=1719992372","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9780624095354","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}