{"product_id":"9780624093787","title":"Ben En Die Walvisse","description":"Walvisse speel in die see ver onderkant die ou voetpaadjies waar Ben en Oupa baiekeer gaan stap. Die windskeef melkhout is hulle uitkykpos. Van daar hou hulle die walvisse dop. “Wonderbaarlik en misterieus,” noem Oupa hulle, “vlieënde reuse van die see!”\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eMaar later, skuins voor somer, verander dinge: Oupa bly in die bed.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDae gaan verby . . . en toe word Oupa begrawe. Dis moeilik om tot siens te sê.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eDan neem Pa vir Ben op die bekende voetpaadjie, en onder die melkhout vertel Pa die storie van 'n walviskalf wat lank gelede in hulle baai gebore is, en van die ou bultrug saam met wie die walviskalf graag in die baai rinkink het. Maar die ou bultrug kon uiteindelik nie die tog saam met die ander walvisse na die Antarktiese see aanpak nie, en die jong walvis moes leer afskeid neem.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eHierdie pragtige verhaal oor hoe om verlies te verwerk sal ouers en kinders se harte aanraak. Deur bekende natuurbeelde en -feite word die jong kind gelei tot aanvaarding en berusting.","brand":"JONATHAN BALL","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40463387328627,"sku":"9780624093787","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/ben-en-die-walvisse9780624093787-945871.jpg?v=1709115991","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/products\/9780624093787","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}