{"title":"Buy More Save More - Afrikaans","description":"\u003cdiv style=\"text-align: center;\"\u003e\u003cimg src=\"https:\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/FB-NL-PN_b4e8ca47-a386-4cc3-a92c-071d17cff5b2_1024x1024.jpg?v=1749713595\" alt=\"\" style=\"float: none;\"\u003e\u003c\/div\u003e","products":[{"product_id":"9781776093038","title":"Kainsmerk","description":"\u003cp\u003eIn hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevroudominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk\u0026amp;nbsp;\u0026amp;nbsp;opgeneem.\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"PUBLISHER STOCK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32040646705267,"sku":"9781776093038","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/kainsmerk-annelie-botes-15210340253811.jpg?v=1752668149"},{"product_id":"9781776251155","title":"Tekkies","description":"\u003cp\u003eDie meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eZander se belangstellings beindruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf 'n bietjie soos lees.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eWanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wereld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op 'n dag sien hardloop ... Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer - in meer as een opsig.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eZander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eZander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy? Tekkies is 'n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.\u003c\/p\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39896935792755,"sku":"9781776251155","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/tekkies-jaco-jacobs-alistair-ackermann-29414546145395.jpg?v=1646737363"},{"product_id":"9780624085621","title":"Sophia se beskermengel","description":"","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39926156198003,"sku":"9780624085621","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/sophia-se-beskermengel9780624085621-121715.jpg?v=1752698545"},{"product_id":"9780624084792","title":"Louisa Du Toit Omnibus 12","description":"","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40010436968563,"sku":"9780624084792","price":159.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/louisa-du-toit-omnibus-129780624084792-383451.jpg?v=1752720444"},{"product_id":"9781776093380","title":"Hoerkind","description":"\u003cp\u003eHerman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad verwek buite die eg.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVan jongs af het hy soos ’n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eOp 13 beland hy in die kloue van ’n geslepe pedofiel, ’n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met ’n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003eHoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart ’n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van ’n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.\u003c\/p\u003e","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40239093383283,"sku":"9781776093380","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/hoerkind9781776093380-309364.jpg?v=1709120311"},{"product_id":"9781485901259","title":"Low Carb Is Lekker Drie","description":"\u003cp\u003eMet Low Carb is Lekker Drie sit Ine Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Ine se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoer voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOmdat sy op 'n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van 'n voortreflike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdag-gesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Ine se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40463464071283,"sku":"9781485901259","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/low-carb-is-lekker-drie9781485901259-694842.jpg?v=1711646189"},{"product_id":"9780624086277","title":"Ter wille van geluk","description":"\u003cp\u003eDie SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar is egter ook soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry.\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40617210347635,"sku":"9780624086277","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/ter-wille-van-geluk9780624086277-130701.jpg?v=1752727162"},{"product_id":"9781415211151","title":"Die fantastiese mevrou Smit","description":"","brand":"Readers Warehouse","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40749127696499,"sku":"9781415211151","price":305.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/die-fantastiese-mevrou-smit9781415211151-718185.png?v=1709117686"},{"product_id":"9781485901617","title":"Nostalgie","description":"\u003cp\u003eHerman se laaste boek in die trilogie vertel in sy eie woorde die storie van sy lewe tot op 36 jaar. Die eerste proe of geur van kos laat jou terugdink en verlangdit bring Nostalgie. En om met kos ’n oorgang van die verlede na die hede te bring is vir Herman belangrik. Nostalgie is nes jy Herman se kombuis ken: Hy gebruik kos om mense te laat onthou en te verenig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNostalgie bevat meer as 80 resepte, van bykos tot hoofgeregte; van brood tot kos uit jou yskas; van kos van die kole af tot vleisgeregte, en van vakansiekoekies tot nageregte. Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel.\u003c\/p\u003e\n\u003c!----\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":41026491580531,"sku":"9781485901617","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/nostalgie9781485901617-794410.jpg?v=1711648260"},{"product_id":"9781776380817","title":"Mevrou Smit se Reels Vir Goeie Gedrag","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eAbout Mevrou Smit se Reels Vir Goeie Gedrag by Elizabeth Wasserman\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOu geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIntussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSkuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?\u003c\/p\u003e","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42865255678067,"sku":"9781776380817","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Mev_20Smit_20se_20reels_Front_20cover.jpg?v=1742206433"},{"product_id":"9781776380879","title":"Nagdier","description":"","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43180528762995,"sku":"9781776380879","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/Nagdier_Voorblad_MCruywagen_30Nov24.jpg?v=1752045128"},{"product_id":"9781776380930","title":"Die Grafdigter","description":"","brand":"READERS INC","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43759600664691,"sku":"9781776380930","price":255.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/files\/81VkRFxAi4L._SL1500.jpg?v=1756819275"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/collections\/Afrikaans_b6505486-138c-4817-8762-ae74be31080f.jpg?v=1749718255","url":"https:\/\/readerswarehouse.us\/collections\/afrikaans-buy-more-save-more.oembed","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}